SUBSCRIBE BY MAIL


Ek sê altyd JA by Chestlyn Draghoender

Chestlyn Draghoender | Nov 30th, 2018 | poetry | No Comments

Poem

hy kom
al oor ‘n maand
vra uit oor my prestasies –
of ek nog top is
in my klas.
Ek sê altyd JA.

hy kom al oor
drie maande
(ek is 15 jaar),
koop n koeldrank
en n tjoklit en vra
in en uit oor my ma –
of sy nog oraiet is.
Ek sê altyd JA.

hy kom al oor ses maande
druk n honderd-rand in my hand
wil weet of ek n entjie wil he.
Ek antwoord nie,
want hy is immers my pa.
Ek stap sommer.

 

Note: This poem describes the strained parent-child relationship through conversations between a son and his estranged father.

Poet Bio

Chestlyn Draghoender (as @Geoff_Da_Poet) is a writer and poet from Cape Town, South Africa. His work has appeared in various literary journals. He is passionate about human rights and equality. He is also a member of the National Writers Association of South Africa (NWASA).

(Visited 525 times, 1 visits today)
%d bloggers like this: