SUBSCRIBE BY MAIL


Vryheid by Afrikavrou

Afrikavrou | November 9th, 2011 | poetry | No Comments

[tabs tab1=”Poem” tab2=”Poet Bio”]

[tab id=1] Vryheid dans in die son
wat opkom oor die berg
vryheid is die wind
wat liggies wip en terg

Vryheid is die reёn wat spat!
en weerligstrale wat
drakonies kreukel kraak
en flits bo my donker pad

Vryheid is die volg en vang
van ‘n  ratse wilde bok
in stede van lusteloos staar
vanuit ‘n ysterhok

Vryheid draf soos kinders
doer in die straat in op
sonder om opgepas te word
of getem word deur ‘n klok

Vryheid is die note
wat dartel oor bladmusiek
en vryheid is my keuse
my reg en liefdeslied[/tab]
[tab id=2]Tab content 2[/tab]

[/tabs]

Rate this post
%d bloggers like this: