Ek staan apaties (of altans ek probeer)
teen die koue in jou lyf,
dit slaan soos vuurpyle;
‘n ys vonk wat skiet uit jou oë.
Ek is ver verwyderd van wat ons eens was,
jy is die monster in my kop.
Wie is jy nou?
Waar is die dae
toe jy wou weet,
of ek “okay” is.
Nou vlug ek
vir jou wrede woorde,
dit slaan my koud.
Ons hande se vingers
is nou vreemd
net soos jou mot gevrete
klere in die ou verweerde tas.
Adri lives in Cape Town and writes poetry as a hobby in her spare time. She likes to paint a picture with words in the hope that some of it might resonate with someone else and touch another heart.