bereiding en kook van,
Metode
1. Steek die lewendige kreef, met stert na onder, in ‘n kastrol vinnig kokende water . . . kreef moet heeltemal bedek wees met die water . . .
2. Sit die deksel op en kook omtrent 20 minute lank totdat die kreef helder rooi is.
die kreefvrou word gaar in haar glaspot
dis warm
dag, week, maand – warmer
dit kook!
haar geduld, genot, gedagtes word armer
(amper gaar)
sy kyk deur haar glaspot na die ander krewe
hulle hoor nie haar krete?
kook hulle ook?
die deksel van plig, diens en roeping
wip rond bo-op die pot
en val
maar die kreefvrou bly
in haar pot
preparation and cooking of,
Method
1. Put the live lobster in the, with its tail downwards, in a pot of boiling water . . . the lobster must be submerged in the water . . .
2. Put the lid on the pot and boil for up to 20 minutes until the lobster is bright red.
the lobster woman gets boiled in her glass pot
it’s hot
day, week, month – hotter
it boils!
her patience, pleasure and ideas become poorer
(nearly done)
she looks at all the other lobsters
don’t they hear her screams?
are they also boiling?
the lid of duty, service and calling
dances on top of the pot
and falls
but the lobster stays
in her pot