Ek dink aan jou woorde
As ek die son en maan sien met die sterre aan sy sy
Ek sal jou nooit verlaat
Hier is my hand vat hom en jy sal nie jou toon stamp nie
Waar was Jy al die tyd
Toe ek onwaarskynlik soos n boompie in die woestyn
In die doodsnikke van die herfs my laaste blare verloor, met tyd een vir een
En dood was aan die orde van die dag
Toe kom die water en alles is beter
Die wêreld draai en die boompie word n woud
Net om weer alles te verloor en alleen te wees
So in die strate van die lewe ge-anker, wyl alles verby blits
Voel ek die wind van die dood teen my wange koud en alleen
Toe ek albei hande uitsteek en gegryp-gryp het na Joune
Toe my voete vol rowe was
Waar was jy toe?
I think about your words
When I see the moon and stars at his side
I will never leave you
Here is my hand, take it and you will never bump your toe
Where were you all this time
When I, unlikely, like a tree in the dessert
In the last moments of autumn looses my leaves
And death was at the end of the day
Then the water came and everything was better
The world turned and one tree became a forest
Only to lose everything and be alone again